Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte

Month: December 2009

2664…Iewers na 12 uur

2664…Iewers na 12 uur

December 1, 2009

het jy verwag ek gaan jou vra om langer te bly maar my lus was geblus ek het geen smaak meer aan jou gehad saad gestort op dor land as daar niks meer oor is nie spring die sprinkaan voort Liked it? Share it please …

2663…Die spieel speel

2663…Die spieel speel

December 1, 2009

wys my sober smile smile eers as ek smile my spieel vertel van te veel wanhopig spring ek op die skaal as die spieel my oog die skaal lieg nie Liked it? Share it please …

2662…Die wind wraak

2662…Die wind wraak

December 1, 2009

die wrede winterwind stuur die ysige koue sneeuwind om te moor die eerste botsels van hoop maar geskroei bot ons voort die hoop van van ‘n nuwe somer ‘n nuwe lewe wat jy nie kan keer ons is seer gesnoei gelouter dra ons somervrug Liked it? Share it please …

2661…Dit was die laaste keer

2661…Dit was die laaste keer

December 1, 2009

Ons het dit altwee geweet maar wou dit nie erken nie die noodlot is wreed ons is uitmekaat geskeur wanneer sprinkane paar sterf die swakker een Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
© 2025 Berg Gedigte