Die woordswaard sny diep
Kerf my hart bloeiend lê ek en spoeg bloederige woorde uit sal nie weer nie het nie geweet nie ek weet ek verdien dit maar jy verstaan nie… die geroggel hou op maar die smagwoorde Ek het jou lief het sy nie gehoor nie sy lig weer die swaard Liked it? Share it please …
My sweetheart vriendin…vir Anemos
Van die begin af het ons geweet ons gaan net kys ons hots was maar net milo and your low vrienskapstemperatuur wat loer op die horison die glinster in ons oe die skater in ons lag is loodvry maar laat ons harte warm klop daarom is jy my sweetheart vriendin Liked it? Share it please …
Tussen die sand en die see. vir Rools
Speel die skuimbranderkies om ons enkels dieper,tot by die knie het ons dit gewaag die parmantige krul branders het ons platgeslaan en gerol jare lank het ons saam gebrander op blouberg se strand ons maatband gesmee toe het jy nie meer opgedaag nie alleen het ek die branders gedurf seer alleen alleen sardiens gevang alleen …