3277…Die skaap blêr
wanhopig wanneer die lemme naderkom sy kop word agteroor geforseer die lemme skree skril van ‘n tekort aan olie die eerste vag wol plons op die vloer die skaap slaag ‘n sug van verligting hierdie jaar het hulle net wol kom vat verlede jaar was die jaar van die mes gewees Liked it? Share it …
3280…Die jongste engel
staan grootoog en kyk na die hemel wêreld sy kon nie glo dit was so maklik om in die hemel te kan kom nie die hemelhekke het oopgestaan op aarde was sy aan ‘n rolstoel vasgekluister sy het gebid vir bene nou het sy nie meer bene nodig nie Liked it? Share it please …
3272…Elke dag kom lê die spierwit
A4 voor my en smag woorde, vra sy woorde van liefde woorde wat troos woorde wat liefkoos met my pen draai ek haar swaai ek haar dors drink sy my pen leeg ek het niks meer om te sê nie totdat die nuwe A4 more gewilliglik voor my kom lê Liked it? Share it please …
3279…Dit was voor die honeymoon
het jy my gekoester my liefling genoem my motor gewas vir my blomme geplant vir my liedjies gesing en in my oë gelag voor die honeymoon was ek ‘n virgin nou is ek net ‘n gebroke moeder jou oë vark wanneer jy my slaan dit was na die honeymoon Liked it? Share it please …
3276…Elke aand spring sy in my bed
ek probeer my bes maar almal het mos regte dis haar reg om my te probeer verlei Liked it? Share it please …