Ceaser sit op sy troon
in Rome die spil van die heelal musiek vir sy jare weergalm in die paleisgange hy het twee meisies vir elke generaal gereël dit bevorder losbandigheid die tromme verdwerg die rommel van die dragtige wolke druppels plas en word strome die mal Noag kom met sy groot boot en verkoop kaartjies hulle lag hom uit …
Ek wonder soms
waarom skiet mense op mekaar waarom trou mense waarom skei mense waarom het ons hartspyn waarom het ons lyfpyn waarom klop ons harte waarom klop ons harte vinniger as ons vir haar sien waarom ruik ons kos waarom geniet ons lekker kos waarom word ons dronk waarom kry mense seer God laat ons wonder waarom …
Testament van ‘n orgaanskenker
aan my vriend piet blacklabel skenk ek my vergrote pankreas dit sal jou laat ophou drink aan my vriend kort jan skenk ek my gebreekte neus aan my vriendin stella skenk ek my tong ek het nie baie gepraat nie aan roy die skaam engelsman skenk my voorplantingsorgaan 'n nuwe lewe vir jou aan my …
Die berg verdwyn
Die gletser begin smelt stukkies berg stort neer die groot rotse kreun maar het geen verweer na die ewigheid na die ewigheid fluister die gletser dreunend stort hulle na benede 'n plas, rimpels verdwyn die berg stort in die see van ewigheid en word 'n niks op die horison van môre (verganklik is ons) Liked …