Ek het ‘n bietjie hemel gebêre Ek het ‘n bietjie hemel gebêre April 14, 2011 ek het nie alles gegee nie jy het ook nie ons het alles gebêre vir die dag van môre bietjie vir bietjie het ek uitgehaal jy het ook dit het ons vuur laat brand ons is van die min wat so gelukkig is Liked it? Share it please …
Die bedelaar Die bedelaar April 14, 2011 kyk in my oë vra 'n stukkie brood kan daar ooit mense wees wat so min nodig het Liked it? Share it please …
Die mooi kant van jou Die mooi kant van jou April 14, 2011 jou warm glimlag jou hemelsblou oë jou sesdag baard het my uitgeboul jou onderkant is soos die omblaai van Rapport se voorblad ek het omgedraai en hardloop nog steeds my ma het gesê …. Liked it? Share it please …
Sal jy my hoor bo al die note Sal jy my hoor bo al die note April 13, 2011 die klavier kan vals wees die viool kan skril skree van pyn of genot die franse horing hyg en hyg die kitaar se snare vibreer mekaar deurmekaar maar my hartsnaar klop stadig reelmatig vir jou kan jy my hoor Liked it? Share it please …
Toe die son vir die dag glimlag Toe die son vir die dag glimlag April 13, 2011 klim ek op vlug BA2011 min het ek geweet daardie son sal nooit ondergaan nie Liked it? Share it please …
Op my begrafnis Op my begrafnis April 13, 2011 op my begrsfnis gaan daar baie biere wees en 'n groot HD skerm sodat almal van my kan vergeet nadat die drank op is Liked it? Share it please …
Die kortbroek klub Die kortbroek klub April 13, 2011 ek sien jy is ook hier jy wat 20 jaar gelede vir my gelag het wat het van jou blink motor geword Liked it? Share it please …
Jou gedagtes Jou gedagtes April 13, 2011 is nie meer by my nie ek sien jou veraf oog dwaal jou knopsluk die water in jou oog Liked it? Share it please …
Bedonnerd Bedonnerd April 12, 2011 daarom lok ek jou nie omdat jy bedonnerd by die huis kom jy was al klaar uitgelok Liked it? Share it please …
Die sondaars hardloop Die sondaars hardloop April 12, 2011 weg van die vrydag hoer weg van die vrydag drank die huis is 'n tronk kinders huil vrou skree volgende vrydag drank Liked it? Share it please …
Tronkvoël Tronkvoël April 12, 2011 die traliewêreld dis al die son skuif die tralies elke dag dieper die sel in die koue werklikheid volg die vuil mossie pik die oorskiet krummels God sien jy nie hoor jy nie my lied Liked it? Share it please …
Die stemme Die stemme April 11, 2011 van die verlede kla oor te min tyd vloek uit frustrasie murmereer oor te min Liked it? Share it please …