Ek is in 2 geskeur
die boom wat ons geplant het het n reus geword ons liefde vir mekaar was so sterk soos die stam van ons boom gewees dit het fluks gegroei tot daardie nag toe die bliksemstraal dit getref het en in 3 geskeur het ek jy en die ander vrou kan nie geskei word nie (sien foto) …
Die boom wat skreeu
boom skreeu paniek bevange arms uitgestrek mond vertrek van pyn stukkies bas tuimel na benede die regter oog toegeswel die linkeroog staar star na die hemel God is daar nie meer genade vir n ou boom soos ek my blare kan nog yl skadu gooi en die grond bevrug die wind kan nog die lied …
Cabernet op die stoep
stil sit ons en peins lig die glase op mekaar en kyk na die oranje maan wat kaalskaam oor die horison loer net haar nagkebaai aan deurskynend sag haar kleed sy wag deur die nag mars was op n ander baan teleurgesteld duik sy in die wes oseaan Liked it? Share it please …
Ek sal my lewe lank wonder
hoe dit sou gewees het om jou warm asem oor my wang te kon voel om jou lippe saggies teen my wang te kon voel om jou oorverhitte lyf teen my te kon gevoel het maar ek wonder nog steeds as ek jou sien waarom jy nou ysblok geword het verkwalik jy my nou nog …
Die vuurlig weerkaats in jou oe
opgewonde kyk ek na jou en besef meteens jy het n bril op die weerkaatsing was nie vir my nie die bedekte boodskap ek hou van jou was maar net n vuurlig weerkaatsing gewees ek gooi nog hout op die nag is nog jonk Liked it? Share it please …