Sy sal tog moet uitkom al is sy bang
sy het veilig gevoel agter die donker skuilwolke het die jagswolke geswiep toe sy hulle sien het sy geweet vanaand gaan sy verkrag word en haar huiltrane gaan die dorre aarde benat sy het nie n keuse nie Liked it? Share it please …
Hoeveel sal jy my toelaat
ek lees die bladsye van jou siel ek sien die blink in jou oog die warm van jou lyf het my skuiling gegee teen die koue dit was eens ek kan nie nader kom nie die briket wat jy gooi die laaste rooiwarm briket vertroetel ek tot as tevergeefs Liked it? Share it please …
As ek jou maar 20 jaar gelede geken het
dan was jy anders anders as nou soos wanneer jy na die horison staar as ek jou 20 jaar gelede geken het dan het jy vandag nie na die horison gestaar want ek sou daar gewees het ek is hier by jou Liked it? Share it please …
Die son jaag die nag en ontbloot
en n nuwe sondaarsnag lê bloot Liked it? Share it please …
In die baarmoeder lê die fetus opgekrul en sweef in die vrugwater
Godskind redder is voorspel maar ons het nie geweet dat ons nog op ons knie sal worstel en bely en om vergewing vra Jesus ons redder is amper hier Liked it? Share it please …
Jy sien nie my trane in die nag nie
wanneer ek op my kant van die bed lê en ruk nie anderpad lê jy en kyk ek is alreeds agtergelaat jy lê alreeds agter die ander vrou se rug sy weet nog nie dat sy ook nog gaan lê en ruk sy sal die vierde een wees Liked it? Share it please …
Die maan skuil agter die donker wolke want sy weet
sy sal tog moet uitkom sy is bang sy het veilig gevoel agter die wolke niemand kon haar skoonheid sien nie agter die donker wolke het die jagwolke geswiep en alles in hulle pad deurdrenk toe het sy geweet sy gaan vanaand deurdrenk word die lot van elke vrouwolk bly dieselfde Liked it? Share it …