2027…Nou huil sy
Die party was ‘n jol
lighoofdig leun sy
teen hom aan
haar date vergete
hy is die haan
hierdie aand
sy sagpraat
sy lyfskuur
het haar week
gelaat
hier gly sy hand
so lekker sy glymond
sy glyhand
maak haar val
net effens voel sy
die druk en skuur
sy is weerloos
voel die pyn
haar liggaam skeur
sy gil van plesier en pyn
en keer
sy voel die nat afgly
bevlek haar skoene
haar liggaam sluit
vir altyd
Leave a Reply
Be the First to Comment!