2040…Ek drink saam met die maan
Ek drink alleen
lig my glas
en nooi die maan
ek vra haar om
my skaduwee te stuur
dan drink ons drie saam
maar die maan
kon nie saamdrink
maar stuur toe my skaduwee
om my op te beur sing ek toe
die maan het haar ore toegedruk
my skaduwee het saam met my getuimel
ek het hom verloor
toe die son kom loer
vir oulaas kyk ek
na die rivier van sterre
wat agter die maan verdwyn
Leave a Reply
Be the First to Comment!