2046…Ek wou net jou aandag trek
Toe jy vir my die
nuwe motor gekoop het
wat dit asof jy ‘n
hamburger gekoop het
ek was opgewonde blinkoog
jy het net gesê,
die kar is vinnig
en jy betaal nie die
fines nie
ek was vrygewig
opgewonde
maar jy wou nie
beloon word nie
vanmiddag het ek
in die hekpaal vasgejaag
gou het jy uitgekom
en my uitgeskel
toe sien jy my raak
en ek kan jou beloon
ek wou net gehad het
dat jy my, jou vrou,
moes raaksien
Leave a Reply
Be the First to Comment!