2048…Veilig in die skare

2048…Veilig in die skare

Gooi ek ‘n klip
wat tref

ek is veilig
niemand sien die
klip kloof oop

die bloed stroom
wang af

die man kyk op
en sien my

ek was die een
wat die eerste klip
gegooi het

Jesus van Nasaret
het net sy kop laat sak
en gesê

Vader, vergewe hom

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz