2057…Ek het goed gedoen

2057…Ek het goed gedoen

die einde van die
pad is naby

die slaggate van die lewe
het ek oorleef
en liefdestrane gestort
sê die ou haan
terwyl hy die pitte oppik

die henne luister graag
na die stories van sy jong dae

hulle raak opgewonde
en staan dan nader
aan die jong hane

die ou haan sug
en sê dit was goeie dae
terwyl hy pik na die kam
van die rooibruin hennetjie

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz