2068…Skep drome
Die gulsige droom
wil jou opslurp
soos n oester
wil alles hê
in een slurp
die honger droom wil
roomkoek ,koeksusters ,beskuit ,flapjacks ,en fyekonfeit ,alles hê
die windgat droom
wil n blink motor hê
n goue horlosie
duur klere
die mooiste meisie
maar nadat hy agt
biere gedrink het
is sy beursie leeg
en verdwyn sy maters
maar droom die liefdesdrome
jy sien n blinkoog vrou
hoor n klokhelder lag
voel n smeltlyf
en lojaliteit
wat net ware liefde
kan wees
jy leef lewenslank
die droom
Leave a Reply
Be the First to Comment!