2075…Die vonds
Dit is snerpend koud
die gemene wind waai
die skape staan rug
teen die wind
hulle snoete wit gesneeu
‘n bang blêr klink êrens op
die jong man stap
dikjas en soek
‘n paar uur gelede was sy
nog aan sy sy
daarna het sy
die koud nag ingevlug
huilend, bitter
waarom het sy
hom vertel
sy was self
nie eens seker
hy was geskok
woordeloos
nou strompel hy in
die donkernag rond
en soek
die hopie sneeu sien hy
en storm verskrik nader
die koue oë
staar hom aan
sy trane vries
en word
spiese van verdriet
wat sy jongman hart
deurboor
Leave a Reply
Be the First to Comment!