2077…Die bergklimmer
ek staan aan die voet
van die steilste berg
ooit
die blinkskyn rotse
met sneeu gepak
die matterhorn
die hoogste, steilste piek
van die alpe
hoe ek hier gekom het
weet ek nie
my boek van die lewe
my padkaart is by my
God het hierdie berg gegee
as ek slip dan
is dit die einde
van vleis en been
versigtig druk ek
my vingers
in die eerste gleuf
daar was ‘n tweede,
‘n derde, en vierde
‘n honderdste een,
‘n duisendste een
geleenthede om bo
uit te kom
ek moet net die
padkaart gebruik
my kompas
die boek van die lewe
bo op die berg staan ek
en kyk na nuwe berge
Leave a Reply
Be the First to Comment!