2082…Die verdriet van ontrou
die eerste jaar was wild maat gewees
die jare daarna verstaan maat
toe die kleuterjare kom
was dit uithou maat
die ka-ka van hierdie lewe
die rooi oog van hierdie lewe
die nie-nou-nie van hierdie lewe
het ons getoets
honger en dors was ek
by die kantoor het sy
toebroodjies gegee,
met agurkies en olywe
ek het gesmul
ek het uitgesien na die kosblik
wat sy voorberei het
ons het albei gesmul totdat
ek haar kosblik huistoe gevat het
onder die laaste toebroodjie
was ‘n briefie
‘kom ons doen dit elke dag
jy is wonderlilk’
haar man het haar toebroodjies gemaak
sy is nou alleen, ek is nou alleen
ons eet nie meer toebroodjies nie
nie een van ons twee
kan broodsny nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!