2083…Dit het amper gebeur

2083…Dit het amper gebeur

Die motorligte het my verblind
die knars van staal
was die laaste geluid

ek word wakker
die teaterligte verblind my

is hy nog onder
vra die dokter
vas aan die slaap
sê die narkotiseer

skryf neer sê die dokter
sy pelvis is gebreek
die linker diskus is weg
sy regter humerous is nutteloos
sy regtergroottoon is weg
sy skabula is in 3 stukke
sy skedel is op 3 plekke gekraak

kom ons plant die vleis

van die gorilla lyf
sê die professor

vaagweg hoor ek dit
soos blits verruil ek
die operasietafel
vir die bloekomboom
langs die hospitaal

‘n gorilla gaan ek nie wees nie
maar een ding is seker
ek kan donners goed boomklim

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz