2087…Hy nooi my
vir ‘n moonwalk
sê sy opgewonde
vir haar vriendin
dit was toe donkermaan
toe hy opdaag
hy parkeer toe onder die bome
en begin haar stories te vertel
van rooikappie en die wolf
van koning dawid en die filestyn
van adam en eva
van noag en die ark
maar hy was ‘n vark
en wou haar vroetel
sy gryp die sleutel
en slinger dit
na die donkermaan
wat dit gryp
en diep bêre
die donkermaan is haar vriendin
die aand van die maan
sing sy n dankbaar lied
Leave a Reply
Be the First to Comment!