2090…Die vrygesel !
Al die jare het hy
met sy blink motor
en colgate smile
die meisies betoor
hulle het geval
soos herfs blare
as hy die top
afgehaal het en
as die wind eers
deur haar hare
gekonkel het
was die meisies in ekstase
daardie los in die windgevoel
het hulle nog nooit
voorheen ervaar nie
die wille wind
n vinnige motor
ontknoop alles
en het hulle
nie gevry nie !!!!
maar die sonbrand daarna
op die witlyf
was nie te lekker nie
hulle wou sy nommer hê
maar hy het hulle
altyd voor Pick&Pay gekry
dit het vir jare so aangehou
hulle het nie geweet
dit was sy oupa se motor
en dat hy elke vrydag
kom kruideniersware koop
slegs dan kon hy
die motor gebruik
Leave a Reply
Be the First to Comment!