2098…Die taal van die wind
As die wind sag oor jou spoel
laatmiddag as die son
moeg gaan slaap
en jy beleef die dood van hierdie dag
die smart ,die lag,is weg
die nag se pret
die nag se seer
die nag se lag
begin nou eers
die aandwind spoel oor my
vertroos my
spoel oor my
fluister vir my
gee my die stil liefde
ek kyk op en sien
die aandster wink
ek vat my pen
en skryf
die nuwe wereld
Leave a Reply
Be the First to Comment!