2100…Kalkoen droom
Die ou kalkoen
staan teen die draad
en tuur die vertes in
sy kam is stukkend
en sy vere is verweer
sy koeloe-koeloe
is net n hees fluister
hy weet kalkoene
gaan nie van ouderdom dood nie
hy wil net gewaardeer word
en geniet word
so wil hy kalkoenland verlaat
hy het toe altyd tussen
die jong kalkoene gewei
so word hy toe ook
saam met hulle gevang
toe hy sy oë
vir die laaste keer toemaak
sien hy net die prentjie
van sy laaste kalkoen vroutjie
wat trots op hulle
40 eiers sit en broei
Leave a Reply
Be the First to Comment!