2101…Hulle droom van kalkoen
Die honger gesin
skuif nader aan die vuur
die winterwind huilend
hier vlak naby
die vetterige stukkie rib
het skaars genoeg sous
vir die droë soutlose pap
die advertensie bord
met die groot vet bruingebrande kalkoen op
het hulle honger gemaak
hulle droom van kalkoen
toe hulle dankie sê vir die pap
toe hulle hul oë oopmaak
staan daar n silwer skottel
met n groot vet bruingebrande kalkoen voor hulle
hoe die kalkoen daar gekom het
weet hulle nie
maar se toe weer dankie met oop oë
al droom jy net om gewaardeer te word
al droom jy net om geniet te kan word
al droom jy net van kalkoen
drome kan waar word
jy moet net glo
Leave a Reply
Be the First to Comment!