2104…Stoflike oorskot
Die wit ambulans stop rooiligflikkerend voor no 14
n hartaanval die ysters word teenmekaar gevryf
die liggaam ruk ruk van die skokke
maar die klop is gesteel
hy hang in die lug
en sien alles
die trane,die skrik,die fronse
want die lyk glimlag dan
in die akker waar die lang bome staan
beweeg die swart motor stadig na ry no 14
hy sit op die top van n sipres boom
en sien die trane, as ek maars
hy sien hoe die kluite
op die kis geslinger word
hoe die roosblare afdwarrel
hoe n handjievol sand afstort
n ware uiting van gevoelens
vir die eerste keer het hy gesien
asook n paar sonneblom pitte
Leave a Reply
Be the First to Comment!