2108…Die grotman

2108…Die grotman

Word wakker
en strompel uit
sy vyf eeu oue grot

knuppel in die hand
staan hy en kyk

na manhattan
en sien die twee

lang silwer vierkante
wat tussen die wolke wegkruip

hy sien die spiese van vernietiging
krummel dit wat mens gebou het

hy draai om terug die grot in

oor vyfhonderd jaar sal hy
dit weer waag om uit te kom

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz