2111…Die klokke roep
Ek hoor die klokke roep
my God dit is nou winter
in my lewe dit is laat
ek moet nou warmte
en gemak hê
U het my nie geroep
toe ek jonk en sterk was nie
al die jare wat ek vir
U kon gewerk het
die jare het ek gemors
ek het nou n hart van klip
ek is nou oud en stadig
ek kan nie by die klok uitkom
voordat die duiwel my vang
Leave a Reply
Be the First to Comment!