2146…Ek gaan vir jou ‘n man dig

2146…Ek gaan vir jou ‘n man dig

want ek is mos nie goed genoeg

want ek het mos nie die lyf
want ek het mos nie die motor
want ek het mos nie die geld

want ek is mos nie ‘n spieëlman
want ek is mos nie ‘n spierman

maar ek is vaaljan
maar ek is mos arm
maar ek is mos ‘n hakkelaar
maar ek is mos nie ‘n windgat

maar bo alles is
ek opreg
ek is liefdevol sagmoedig
ek is ‘n hartman

en ek het jou
hartsogtelik lief

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz