2147…Die mesblok in die kombuis
ek het vanaand ‘n bietjie
laat gekuier
die huis was stil en leeg
die mesblok met die
vlyfskerp messe
klink in die kombuislig
die een mes was
nie daar nie
toe sien ek die braaikuiken
met die mes daarin
nogal bedagsaam van my vrou
ek kerf die hennetjie vinnig op
elke aand het daar ‘n dis
met ‘n ander mes gestaan
my geliefde dis ribbetjies
was egter nie daar nie
die grootste mes het oorgebly
seker vir die ribbetjies
ou Gert het die aand verjaar
die paartie was wild
daar was in paar
skuurmeisies
ons het geskuur tot laat
ek het uitgesien na ribbetjies
toe ek by die huis kom
‘n moerse groot ribbetjie
lê op die tafel
my vrou staan gereed
met die groot mes
dit rits deur die ribbes
en sny my lewer in twee
Leave a Reply
Be the First to Comment!