2176…Gee my net vir vadersdag
n trok vol letters
sodat ek kan skryf
wat ek nie altyd gesê het nie
sal ek nou skryf
ek is jammer my kind
ek is lief vir jou
ek sal pa wees vir jou
toe jou jongmeise hart seer was
moes ek gesê het
kom lê jou kop op my skouer
en snik jou hartseer uit
toe jy die 100 meter gewen het
skryf ek nou
kom swaai om my lyf
en druk my dat ribbes kraak
ek lag en juig saam met jou
ek skryf nou
so lank as wat ek leef
is ek daar vir jou
kom huil tog
weer op my skouer
Leave a Reply
Be the First to Comment!