2180…Vatterig
dit was die tiende aand
dat hy kom kuier het
die lente het begin
ek het gedink
hy is vol vuur
die eerste keer het
hy my skoen bewonder
dit uitgetrek
my naels geknip
en toe gerooi
daarna my voet masseer
veelsydig, het ek gedink
gou was hy by my knie
ek sê vinnig
my nek is seer
dadelik is hy by
my borsbeen
ek byt sy pinkie
se eerste lit
morsaf
dit was die einde
van die paar seisoen
Leave a Reply
Be the First to Comment!