2183…Vingertaal
in die donker
speel ons ‘n spel
jy hou van donkerspeel
met my arms uitgestrek
vind ek jou
my vingerpunte reis
oor jou lyf
jy keer my nie
want jy kan nie
sien wat ek doen nie
my vinger beweeg
knoop vir knoop
my vingers klavier
oor jou lyf
ek speel die note
die suiwer klanke
van ‘n pas gestemde klavier
sweef op die nagwind
Leave a Reply
Be the First to Comment!