2205…Begeerlyf
Van standerd ses af
het ek agter jou gesit
gesien hoe jy ontpop
van sproetjies
tot sonstraal
vir die matriekafskeid
sê jy toe ja
was dit net omdat jy
in n mercedes wou ry
ek onthou nog steeds
hoe elegant het jy gelyk
in jou groen enkelrok
maar op die loslyf voorblad
lyk jy so begeerlik
maar jy het vergeet
om jou groen enkelrok
aan te trek
Leave a Reply
Be the First to Comment!