2246…Ek het my draai in die heelal gemaak
Ek was nog ‘n jong komeet
jare gelede
my reis was bepaal
om die maan het ek gedraai
om die aarde
was ek ‘n sputnik
om venus het ek gedraai
en gedraai tevergeefs
my volgende stap was mars
by die rooi planeet
het ek nie gekuier nie
jupiter was net groot
sonder persoonlkheid
om saturnus
het ek saam
met die ringe gedraai
ek is nou op pad
na alpha cetauri
op pad na die einde
van my reis
alles het ‘n einde
behalwe die ewige lewe
Leave a Reply
Be the First to Comment!