2255…Stop ek wil !

2255…Stop ek wil !

waar wil jy hê
ek moet stop

in die middel van
ons eerste jaar

toe ons eersteling
gebore is

toe ons die eerste
huis gekoop het

toe ons skuld gemaak het
en die BMW gekoop het

dis toe dat
jy windgat geraak het
en laat gekroeg het

toe sê ek
stop die bus

ek wil afklim

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz