2257…Ek smeek

2257…Ek smeek

ek is ‘n skaam A4
net jy het die mag
om my werd te maak

my skoonheid lok jou uit
om jou wyd te laat skryf

dan wag ek benoud
dat jy klaar moet skryf

maar as jy skryf
oor jou versugtinge
jou hunkeringe

dan vou ek oop
vir jou

jy kan skryf
tot by my naeltjie
verby

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz