2281…Lank lank gelede

2281…Lank lank gelede

Baie lank gelde
het die mense
baie sondes gedoen

hulle wou nie na
God luister nie
hulle wou nie die
reëls van die lewe
nakom nie

hulle het ook nie
geskrik nie
toe Noag die ark
genou het nie

hulle het hom gespot
maar hy het aangehou
balke saag en spykers inkap

hulle het ‘n bietjie gewonder
toe die diere aangekom het

maar het verder gepaartie
ten spyte van al die reën

toe die reën by die huise
begin instroom
het die paartie opgehou

hulle het varkblase en
boomstompe gegryp

vir die laaste keer
sien Noag sy vriend Gor
hy sit hoog in ‘n boom

en swaai sy wynsak
sy laaste groet

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz