2285…n Bottel rooiwyn en die buurman se vrou
Ek was verbaas
toe ek my buurman se vrou
op die konferensie sien
ons het langsmekaar gebly
maar nie gepraat nie
haar man was donderweer
het sy gesê
na die eerste glas cabernet
het ons opgewonde gesels
na die derde glas
het ons sad stories vertel
na die sesde glas
het ons traanoog
na mekaar gekyk
ons was albei lief vir ons maats
so naby
tog so vêr
Leave a Reply
Be the First to Comment!