2321…Liefdemakery van die gode
n mens kan dit aanvoel
wanneer die nat wind waai
die reuk van drank kom aangesweef
die wit wolke warrel deurmekaar
en styg dan op soos n ysberg
die donker traanwolke kom bymekaar
die geveg om haar hand
vind plaas
agter die digte wolkkombers
ons hoor die donder
en sien die bliksem
ons kyk verwonderd
na mekaar
Leave a Reply
Be the First to Comment!