2322…Kook en geniet
Toe ek die eerste keer kom kuier het
toe gee die tannie vir my
sjokelade-yskastert,grondboontjiebotterkoekies
spesery yskaskoekies,dadelbolletjies en viskoekies
pynappelbier,visfrikkadelletjies
appelkoostertjies en wortelkoek.
ek het maar gevreet!want die meisie was mooi
toe vra die my
of ek lekker geëet het !
voordat ek kon antwoord sê sy
volgende keer
moet jy my skaapkop en
hoenderpootjies probeer
van daardie dag af eet ek nie
koek of tert nie.
Leave a Reply
Be the First to Comment!