2328…Swartbord van die lewe
Ons het elkeen een
sorg dat daar genoeg kryt is
anders sal jy nie weet
wat in jou lewe aangaan
ander mense skryf ook op jou bord!
die ou wat baie geld maak
skryf R met baie syfers daaragter
hy is arm
die meisie wat verlief is
teken n blok pienk hartjies
die meisie wat verwag
teken n kondoom vol trane
Ek het al op ander se borde gesien
n opgefrommelde motor
n pistool
n mes wat rooi drup
n klipdrift bottel aan skerwe
n pallet vol Castle
daar was ook!
n baba so 1 jaar oud ,wat lag
n bruid in spierwit wat straal
n groentrui ou wat n drie druk
lewensgeluk vasgevang op swart
daar was ook!
n houtkruis geplant
in n land vol groen mielies
wat n goeie oes gaan lewer
daar was ook!
n man wat met die Kruisboek
in sy hande staan
sy oë op die kruis gerig
hy prewel
die hoop flikker in sy oë
Leave a Reply
Be the First to Comment!