2329…Ek bloei

2329…Ek bloei

n stukkie van my lewe
het ek gegee

ek het nie daaraan gedink nie
maar jy het my gevra

God gee so baie
wat gee ons terug?

ons lê net daar
my skenking was no 70

net twee het die grusame ongeluk oorleef
n baba en n ma

net 1 pint was oor
nommer 70 dieselfde bloedgroep

wie moes leef
die baba of die ma

die ma het al n halwe leeftyd geleef
die baba het pas begin

red die baba sê God
dankbaar lees ek die berig

ek het niks gedoen

maar in my hart weet ek

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz