2338…Hierdie somer
‘n seisoen van sonde
lê voor ons
hoeveel modelle wat paradeer
gaan die volgende ses maande
met hul bates verdien
hoe minder die mense kyk
hoe minder verdien hulle
daar is ‘n oneindige stroom
vir ‘n tyd trek hulle die aandag
maar moet dan afgradeer
na teasers na ceasers
na rock paradise
na airport men
wat is dan oor
‘n misbruikte liggaam
met hol oë
hierdie somer was
te lank gewees
Leave a Reply
Be the First to Comment!