2340…’n onskuldige embrio was jy

2340…’n onskuldige embrio was jy

met sorg gebaar en versorg

aan moedersbors is jy gesoog
en toe die woes baba alleen loop
foppie en doeke weggegooi
en kleuter word

toe meng jy met die rowwe
outjies omdat
hulle meer brood gehad
het as jy

jou pa en ma het geskei
en jy het die dag gehad

om te dwaal en te dwaal
smokes, jokes en puffs was die dag

die sniff het groot geld gekos
toe breek julle vensters en vat

toe besluit jy om alleen te vat
en word vasgetrek

die regter se wie jy is,
is jou skuld

jy het dagga gerook
jy het coke gebruik
jy het ge-gang
jy het ingebreek
jy kon opgehou het

maar wou nie ophou nie
dit is jou skuld
wie jy is

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz