2358…Jy beter n talk met God hê
Onthou jy nog
toe jy oor die toilet gehang het
en gesê het nooit weer nie
toe jy op die kantoorpartytjie
parfuum opgetel het
hoe jou vrou daardie aand gehuil het
onthou jy nog die motorongeluk
jou vinger staan nou nog krom
jy word elke dag herinner
onthou jy nog die nag van die hijack
die koeël was deur die dashbord
dit sal nie beter met jou gaan nie
jy beter n gesprek met God hê
Leave a Reply
Be the First to Comment!