2366…Die jaarringe

2366…Die jaarringe

Om jou oë vertel

soos die van n boom
wat afgesaag is

jy kan die droë jare sien
jare van swaarkry
die ring is dun

die baie reën jare
het breë ringe

aan die stam hang
die taai trane

die boom huil vir jare
as dit seergekry het

maar met my gary player sneesie
droog ek jou trane af

jy is nie n boom nie

maar n vrou

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz