2368…Tydbom

2368…Tydbom

Jy spandeer nie genoeg tyd
saam met my nie

jy spandeer nie genoeg tyd

saam met die kinders
aan die huis
in die tuin

maar te veel tyd
aan jou motor
aan die heining tussen ons
en die buurvrou
saam met jou drinkerspelle
om loslyf te lees
jy werk te veel oortyd

ek het jou al lankal gewaarsku

eks nie n seksbom

ek is n tydbom

maar nog steeds vrou vir jou
as jy werklik wil

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz