2369…Skemerpartytjie…
Ons moes voor skemer
daar gewees het
ek kan die hardlag hoor
en die gunstons ruik
die glasies was vol
toe die liewe son
sy kop laat sak
toe klink die glasies eers
dinge begin toe gebeur
koos was lus vir annie
annie was lus vir jannie
jannie was lus vir koos se vrou
die duisternis sak toe,
in die donker nag
kan jy doen wat jy wil
in die duisternis
steek die skadubeelde
teen die maanlig af
toe dinge so donker word
soos die hel
skakel maan haar hoofligte aan
dit het gelyk soos
n losskrum op loftus!
baie los
Leave a Reply
Be the First to Comment!