2385…Die hartseer kitaar

2385…Die hartseer kitaar

die ou met die kuif
het sy hartseer
kitaar gebliksem

van jailhouse rock
tot love me tender

die ander ou het
sy kitaar gestreel

van ossewa ek
wil jou vra
tot in tahiti verre land

die ander een tokkel
van die trein na Pretoria
tot daar kom die wa

die met die kraakstem
sing van pampoen
en die ou skoen

en
die hartseer

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz