2443…Moedertaal
My eerste woorde gehoor
was, my liefkind
het moeder gesê
nog ‘n vreter het,
my pa gesê
sy is pragtig
het my ma gesê
al die babas is
bliksems lelik,
het my pa gesê
deur die jare het
ek afrikaans geleer
bliksem, moer, wetter,
etter, poepol
en nog baie meer
was my moedertaal gewees
my eerste meisie het na
7 dae uitgemaak
en my tweede meisie
het na 14 dae uitgemaak
my derde meisie het
na 21 dae uitgemaak
my derde engelse meisie
het gesê
F jou boertjie
don’t take chances
Leave a Reply
Be the First to Comment!