2445…Om wakker te word

2445…Om wakker te word

Uit n winterslaap
is nie maklik nie

jy word wakker
en kry die reuk

van al die kak
van gister

oral lê die bene
die reste rond

jou kleed is verskeur
bedek nie jou naak nie

jy moet uit
uit om die son te sien

die son van hoop
van warmte

beur na vryheid

soos die verkleurmannetjie
beur om te ontsnap

vorentoe na bo
tot waar die takke eindig

hy weet dat die nuwe lote
n uitkoms bied

nuwe geleenthede

ontsnap maar

met geloof

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz