2452…’n Nuwe boek
So gou gaan ‘n jaar verby
maar ook so tydsaam
wanneer jy vir iets wag
as jy jou lewe lank wag
gaan iets gebeur
jy gaan dood
party mense sterf ‘n bietjie
elke dag
verwagting word vaer en vaer
ek het nou net ‘n nuwe
Croxley JD158 192 bladsye
boek gekry
‘n nuwe begin
om te skryf oor
die wêreld, mense, hul dinge
versugtinge en die liefde
en die grootste hiervan is
Jesus se liefde vir ons
ek kry ‘n kans
om te skryf
en te deel
dit is nie moeilik
om die lee wit
smekende blaaie
te vul
‘n nuwe boek wag
Leave a Reply
Be the First to Comment!